18 Februarie 2024 Red Sands Country Lodge voor Kuruman, Suid-Afrika al die pad huistoe
Die laaste been van ons toer het aangebreek . Ons eet vroeg ontbyt, en vertrek dan op die laaste been van ons toer.
Ons ry eers verby die grootste windpomp wat jy al ooit gesien het (die selfoon toring is in 'n windpomp verander) en volg die dorpies die een na die ander. Vryburg, Delareyville (ons stop by Halfpad Handelshuis vir 'n eet en drink ding), Sannieshof, Lichtenburg, Coligny, Ventersdorp, Net voor Krugersdorp se bekende vierrigtingstop groet ons vir Hennie en Lee.
Die laaste ent huistoe is daar dreigende weer en ons kom net voor die storm half 6 die aand by die huis.